Tuesday 4 September 2018

Ek is terug :)

Ek was nou baie lank weg en baie het gebeur in die tyd...

Ek het toe nie baie lank (net 6 maande) met die CB600F gery voor sy op gegee het... (Dit na twee omgelukke maar nie die oorsaak van die opgee, sy was maar net oud...)

Ek het toe weer 'n Honda gekry, 2012 NC700X.
Die NC700X is maar 'n stadige bike, top spoed 183KM/Uur en 6500rpm "redline"
Gladnie probleme (behalwe vir pap agterwiel menige maal) gehad tot sy afgeskryf is... Behalwe vir 2 dae na ek haar gekry het wat die battery opgepak het maar Cayenne het toe vir my 'n nuwe battery gegee.

Maar eers! Ek het iemand ontmoet, 'n "biker chick" 🤣 met haar eie bike (GSXR750, splinter nuut!).
Ons het mekaar ontmoet op FB, alhoewel sy haarself voorgestel het en "come to think of it" ek haar nooit gevra het hoekom en waar sy van my gehoor het nie (ek het maar altyd WRBC as die antwoord aangeneem...)
Lang storie kort, ons het verloof geraak na 3 maande, getrou na nog 3 en toe begin ons kak... Dit het ook my pad saam met SFJ (waar ek toe prospect en patch gemaak het) erg beïnvloed het. Ons het geskei...

Intussen het ek die NC700X afgeskryf toe 'n ou op sy fiets voor my ingery het (sal fotos plaas). Toe koop ek 'n 2005 Suzuki SV650 (blou), bietjie ekstra geld gevat en haat laat diens en chain + sprocket laat doen. Nie baie lank nie toe weer 'n ongeluk en die SV650 word toe baie mooi reggemaak en ek laat spray haar toe rooi! (Sal ook fotos plaas).

En toe! 😁 Toe verkoop Russel sy BMW K1200S!!!
En ja, toe koop ek hom! "Koos" Pik swart en beautiful, sterk, amazing bike! (Hoë kilometers... 115000, sal ook fotos plaas).

My geloof het 'n baie harde slag gevat deur die als, ek het ver van God af weggeloop... En terug... En ver weg... En terug... En ver weg.. En oppad terug...

Ek het my SV650S weggegee (Chris - SFJ) en toe het God vir my 'n nuwe werk gegee by Telesure met heelwat meer salaris. Ek het "sebatical" geneem en toe iemand ontmoet, Adel, ons het saam ingetrek na 3 maande (naby my werk en baie nader vir haar)...  Yep, jy het reg geraai, nie eers 2 maande in en toe spat die crap en sy trek toe uit (ook maar beter!).

Ek werk nou al een jaar vir Telesure, deur 'n retrenchment wave en gaan sterk! (Ek moet net my gat in rat kry en daar hou, ophou lui wees!!!)
Ek bly alleen en doen die maand vir die eerste keer okay, ek vang nog my Telkom kontrak op wat ek laat agterstallig raak het met R9500.00 (Nog net 2 maande!) Ek betaal vers te veel vir die plek en kan goedkoper kry, 3 slaapkamer is in elk geval vers te groot vir my!

So ja, ek is toe na my sebattical terug SFJ toe as 'n prospect en een dag het Russel en ek gestry oor waardes en wat ons voel reg/verkeerd is, hy het omgeskik geraak met my (en ek hou mos nie my bek nie, maar ek was nie omgeskik nie) en toe raak dinge hand uit en ek het net gevra dat hy moet klaar luister en hy het geweier en gesê hy hoef nie na my "vlak" te luister nie... Weer 'n lang storie kort, SFJ het gestem en besluit hulle is klaar met my.

Nou beweeg ek weer vorentoe!!!

Thursday 11 June 2015

Vida é caffè

Vanoggend vries die hande weer sobietjie maar ek het by @vida é caffè gestop vir lekker koffie en 'n tramezzini.

Ek hou die koffie styf vas, lol

Tuesday 9 June 2015

Ander foto's

My Mufasatjie, Marko se nuutste tekening, 
Ek :D , 
Koffie en Breakfast, 

Koud, koud, koud!!!

Ek weet nie presies hoe koud nie maar dit is baie koud. (Bike wys nie temp. nie.)

Ek moet winter (non-ventelated) handskoenne kry. My somer handskoenne is te koud! En dan 'n "pull over" broek!

Maar, dit bly nogsteeds baie fun op die bike :D

Gestop by McD's en koffie gekry (meer om iets warm vas te hou as dors. lol)

Geseende dag aan almal!!!
Stap jou paadjie saam met Jesus en dit sal 'n goeie pad wees!

Friday 5 June 2015

"Tech Spec" van my Hornet

Honda CB600FX Hornet
599cc "4 cylinder, carburetor"
92 HP
6 spoed ratkas
Cowley freeflow exhaust
180 Km/uur (top spoed)
16 lieter petrol tank, 18km / l
2004 model
52000 KM (net 1000 daarvan was ek)

Standaard is sy 'n "kaal" fiets.
Die ligte en alle onderste "covers" is na die tyd opgesit. Ook "custom crash bilobbins" deur Custom Creations Motorcycle's in Krugersdorp.
Die kleur is ook "custom" en nie so mooi sigbaar in die foto's maar is "burnt orange metallic"

Foto's van my Hornet

My Hornet na sy reggemaak is!

Nog net my tone moet gesond word dan is als reg.

Honda CB600F Hornet

Hi aan almal, ek begin, n "blog" vir my onderfinding met my motorfiets.

Ek het jare laas gery en nou weer begin. Moes my learners doen en die selfde dag, net na ek geslaag het, toe is ek in effe van 'n omgelik :D Ooooops! (Ek sal foto's plaas van voor en na die omgeluk.)

Intussen is my fiets reggemaak en ek ook.

Elke dag leer ek nog ietsie nuuts en (behalwe wat die omgeluk my geleer het) vandag het ek sover 'n groot les geleer!

Vanoggend was baie koud en my fiets wou nie vat nie. In plaas van wag is ek toe hastig en "flood" haar... Sukkel myself toe oor 'n muk vir 2ure! En eindig toe nog met 'n pap battery op ook!

Google was toe my voorland maar niks het gehelp nie...

Ek het toe met God gepraat en gebid vir hulp. Die uitkoms was amazing! Bietjie wat Google my in die eerste 2 ure geleer het maar meer die insig wat God my gegee het.
Ek het als afgesit, petrol lyn toegemaak en my throttle halfpad oopgedraai en vasgepen om lug in die systeem te kry en petrol te laat verdamp.
Na omtrent 10 min. het ek die petrol lyn oopgemaak, die throttle los (en toe) gemaak. Ek het haar aangesit, in neutraal gesit, die starter aangesit en die "start" knoppie gedruk, met toe oë!!!)

Die uitkoms: Dadelik gevat!

Met gebed en geloof is alles moontlik! Vertrou op God en hy sal gee, hy sal verskaf!!!
My les vandag was groter as net hoe om 'n "flooded engine" aan die gang te kry. My les was om rustig te wees en te vertrou op God, met hom te praat en vir hulp te vra. Daar is niks te klein of te groot vir God nie. Ek moes net "luister"
Gaan so self ook na God toe en vra, hy sal verskaf. Selfs wanneer dit voel asof jy nie regkom na gebed, God het 'n rede daarvoor. Ek voel God wou nie gehad het ek noet op die pad wees daaI tyd vanoggend nie, ek sal dalk nooit die presiesse rede daarvoor weet nie maar dit was God se wil!